# Die Stad Tshwane sluit sy skuiling vir haweloses in Strubenstraat in Pretoria nadat die LUR vir Maatskaplike Ontwikkeling, Landbou, Landelike Ontwikkeling en die Omgewing in Gauteng, Mbali Hlophe, dit onveilig verklaar het. Die skuiling is in 2004 opgerig en was deur die jare van sy bestaan die tuiste vir meer as 600 haweloses. Tshwane is nie betrokke by die reëlings ten opsigte van finansiering tussen die nie-regeringsorganisasie en die departement nie. Die woordvoerder van die stad, Lindela Mashigo, sê die plek is onveilig verklaar vir mense om te bewoon en verskeie hawelose skuilings is aangewys waar haweloses kan tuisgaan.
Tshwane sluit haweloseskuiling in Pretoria wat deur die metro bedryf word