Skip to content

Tshwane Sekerheidsindaba wil kritieke infrastruktuur beskerm

# Die burgemeester van Tshwane, Cilliers Brink, en burgemeesterskomiteelid vir Gemeenskapsveiligheid, Grandi Theunissen, bied vandag ‘n Sekerheidsindaba aan. Die byeenkoms word deur veiligheidsbelanghebbendes bygewoon en sal na oplossings soek om kritieke infrastruktuur teen vandalisme en aanvalle te beskerm. Openbare en private sekerheidsentiteite sal saamspan om veiligheid in Tshwane te verbeter. Verteenwoordigers van Vodacom, die SAPD, die Wetenskaplike en Nywerheidsnavorsingsraad en die kabeldiefstaleenheid van die Tshwane Metropolisie sal deelneem.