Skip to content

Tshwane se stedelike landbouprogram word goedgekeur

# Die Stad Tshwane het die stedelike landbouprogram goedgekeur wat programme in samewerking met belangrike vennote sal vereenvoudig en van stapel stuur. Grond in stadsbesit wat geen ekonomiese waarde het nie maar vir landboudoeleindes geskik is, sal geïdentifiseer word vir plaaslike gemeenskappe se gebruik. Die burgemeesterskomiteelid vir die Omgewing en Landboubestuur, Ziyanda Zwane, sê die departement sal saam met die Departement van Ekonomiese Ontwikkeling en Ruimtelike Beplanning werk om vir stedelike boere toegang tot markte te kry.