# Die bestuur van die Pretoria-Noord-polisiestasie en handelaars van tweedehandse goedere het vergader om van die uitdagings te bespreek waarmee handelaars te kampe het. ‘n Polisiewoordvoerder, Tsakani Miyeni, sê die vergadering het ten doel om handelaars te help om ‘n aktiewe rol te speel in die bekamping van misdaad. Sy sê handelaars is die geleentheid gegun om misdaadverwante voorvalle te deel wat hulle by hul ondernemings ervaar het. Nog ‘n vergadering sal na verwagting volgende maand gehou word waar die polisie sowel as die handelaars terugvoer sal gee.