# Die Stad Tshwane se Openbare Indiensnemingsprogram het sy werwingsaksie suksesvol van stapel gestuur en meer as ses-duisend werksoekers gelok. Volgens die burgemeesterskomiteelid vir Ekonomiese Ontwikkeling en Ruimtelike Beplanning, André le Roux, was daar ses-duisend-162 suksesvolle kandidate. Le Roux sê die lootjie-stelsel wat gebruik is vir die keuring van werksoekers wat op die Uitgebreide Openbare Werke-program geregistreer is, het verseker die werwingsproses is regverdig.