# Tshwane se burgemeester, Cilliers Brink, sê hy is verheug oor die vordering wat die Komitee op Munisipale Openbare Rekeninge gemaak het met die onreëlmatige en vrugtelose uitgawes wat oor die jare opgehoop het. Die metro het onreëlmatige, vrugtelose en verkwistende uitgawes met 21-persent verlaag. Vyf munisipale bestuurders is verlede week aangekla vir ‘n tender van 160-miljoen rand wat in 2018 skeefgeloop het en tot enorme ongeoorloofde uitgawes gelei het. Brink sê hulle is besig om die stelsel reg te ruk:
Tshwane se burgemeester sê hulle soek oplossings vir onreëlmatige, vrugtelose en verkwistende uitgawes [KLANK]
ENG CillieronThings