# Die burgemeester van Tshwane, Randall Williams, het ‘n toesigbesoek in Mamelodi gedoen om diensleweringsake soos die opvul van slaggate, padmerke en straatlig-herstelwerk na te gaan. Dit volg nadat die Stad sy werwingsaksie vir meer as ses-duisend werkers suksesvol van stapel gestuur het. Williams het ook die toestand van openbare parke in die gebied nagegaan. Hy sê Tshwane beskou openbare parke as ‘n belangrike ruimte vir inwoners om te besoek en te ontspan.