Skip to content

Tshwane prioritiseer alle gemeenskappe met padbouprojekte

# Die burgemeester van Tshwane, Cilliers Brink, sê die stad prioritiseer alle gemeenskappe met padbouprojekte. Tshwane het meer as twee-miljard-rand belê in onderhoud en uitbreiding van padinfrastruktuur en openbare vervoerstelsels, en hy sal steeds beleggings prioritiseer in padinstandhoudingsingrepe. Meer as 250-miljoen-rand is toegeken aan projekte wat verband hou met die vinnige busvervoerstelsel. Brink sê die Ekangalapadbouprojek vorder goed en is meer as 90-persent voltooi.