Skip to content

Tshwane-paaie geraak deur Poskantoorstaking

# Paaie in Tshwane gaan vandag geraak word wanneer Poskantoorwerkers oor die vier-duisend-700 dreigende afleggings betoog. Die optog begin vanoggend 10:00 by die Loftus-driehoek waarna die groep na die Departement van Kommunikasie in Pretoria beweeg deur Eastwood-, Francis Baard-, Jan Shoba- en Parkstraat. Paaie wat geraak word, sluit ook Orient-, Hills-, Festival- en Hildastraat in. Tshwane se metropolisie en die SAPD sal na verwagting die optog se verloop monitor. Motoriste word aangeraai om alteratiewe roetes soos Pretorius-, Arcadia- en Grosvenorstraat te gebruik.