Skip to content

Tshwane ontvang nog ’n gekwalifiseerde oudit-mening

# Die Stad Tshwane het ʼn gekwalifiseerde oudit vir die 2023/2024-boekjaar ontvang. Volgens die ouditeur-generaal, Tsakane Maluleke, is nie alle krediteur-fakture op die stelsel ingevoer nie wat dui op ‘n stilstand in finansiële beheer en interne tekortkominge. Ten spyte van verbeterings is daar kwessies soos 3,6-miljard-rand se skuld wat nie opgeteken is nie en 2,3-miljard-rand se onregmatige uitgawes. Volgens MoneyWeb plaas Maluleke klem op korrupsie in inkomstebestuur en diensleweringsteikens wat nie bereik is nie. Dit sluit die herstel van rioolpype en slaggate in. Sy vra kulturele en strukturele veranderinge in die metro.