Skip to content

Election Day

Days
Hours
Minutes
Seconds

Tshwane-metropolisie stel Paastyd-padveiligheidveldtog bekend

# Die Tshwane-metropolisiedepartement stel vandag sy Paasfees-padveiligheidveldtog by die N1 Carousel-tolplaza bekend. Die bedrywighede sluit in dat bestuurders se welstand en voertuie getoets word in ʼn poging om padsterftes oor Paasnaweek te bekamp. Die metro se hoof, Yolanda Faro, sal vergesel word van burgemeester Cilliers Brink en die burgemeesterskomiteelid vir Gemeenskapsveiligheid, Grandi Theunissen.