Skip to content

Tshwane-metropolisie gaan voort met daaglikse padveiligheid  

# Tshwane se metropolisie sê hulle gaan reg oor die stad voort met daaglikse padveiligheid en bedrywighede wat verordeninge betref. Die metropolisie-departement was verlede maand hoogs sigbaar en aktief. Hulle het talle suksesse behaal en onder andere 76 dronkbestuurders vasgetrek. Lede van die departement het in Desember ook altesaam 118 mense in hegtenis geneem vir oortredings soos aanranding, besit van ongelisensieerde vuurwapens, kapings, dwelmhandel en kabeldiefstal.