# Inwoners van Rooihuiskraal-Noord en Wierdapark in Centurion, Gauteng, het ‘n versoekskrif onderteken om onwettige grondbesetters langs Ou Johannesburgweg te laat verwyder. Volgens die inwoners hou die onwettige grondbesetters ‘n gesondheidsrisiko vir die gemeenskap in en die aantal besetters groei teen ‘n kommerwekkende tempo. Die Tshwane-metro se woordvoerder, Lindela Mashigo, sê die metropolisie ondersoek tans die saak.