Skip to content

Tshwane gaan nie toegee aan eise van voormalige vullisverwyderingsdiens nie

# Tshwane se stadsbestuurder, Johann Mettler, is vasbeslote om nie aan die eise van die voormalige vullisverwyderingsdiens en hulle werkers toe te gee nie. Tshwane het gister met die vullisverwyderingsopvangplan in die meeste dele van Streek 6 begin te midde van ontwrigting deur ontevrede werkers van die voormalige diensverskaffers. Mettler sê hulle gaan nie toegee aan die dreigemente van sommige diensverskaffers wat eenvoudig nie aan die nuwe vereistes voldoen nie. Hy voeg by hulle weet nou wie die opstokers is en gaan teen hulle optree.