# Die stad Tshwane doen ‘n beroep op sy inwoners om te registreer vir ‘n tweedaagse aanlyn werkswinkel in verband met navorsing oor dwelmmisbruik wat vandag en môre aangebied word. Die Universiteit van Pretoria en die stad sê dwelmmisbruik is ‘n belangrike gesondheids- en maatskaplike kwessie in Suid-Afrika. Hierdie virtuele geleentheid het ten doel om meer begrip te bied rakende die omvang van dwelmgebruik, die ervarings van mense wat dwelms gebruik, dwelmverwante gevare en die uitslae van bewysgebaseerde benaderings ten opsigte van die verbetering van gesondheid.