Skip to content

Tshwane burgemeester gee oorsig oor metro se jongste finansiële status

# Tshwane se burgemeester, Cilliers Brink, hou vandag ‘n inligtingsessie oor die metro se huidige finansiële status en die stad se doelwit om finansies te stabiliseer en inkomste-invordering te verbeter. Die stad sal volgens berigte nie eers genoeg geld hê om die helfte van sy huidige skuld van 19,3-miljard-rand te vereffen as hy al sy huidige bates van 8,1-miljard-rand verkoop nie. Tshwane se se skuld aan Eskom alleen het van 1,1-miljard-rand in September verlede jaar tot meer as 3,9-miljard aan die einde van verlede maand gestyg. Die burgemeester sal ook die jongste inligting oor die Tshwane Ya Time se inkomste-invorderingsveldtog verskaf.