# Die Tshwane-burgemeester, Nasiphi Moya, en belangrike rolspelers sal vandag ‘n openbare vergadering hou om inwoners van die metro op hoogte te bring van die vordering met die heropening van die Rebeccastraat-krematorium. Dié krematorium – die enigste in staatsbesit in die stad – is sedert verlede Junie gesluit vir opknappingswerk. Die spertyd vir die opknappingswerk het egter reeds verstryk. Die metro sê hy werk onverpoosd om aan die omgewingsvereistes te voldoen omdat hy die heropening van die krematorium as prioriteit beskou.
Tshwane-burgemeester gaan vergadering hou oor vordering met heropening van Rebeccastraat-krematorium