Skip to content

Tshwane beplan om in meer afvaloordragsgeriewe regoor die stad te belê

# Tshwane beplan om in meer afvaloordragsgeriewe regoor die stad te belê. Die metro het 103 onwettige stortingspersele in Pretoria-Oos geïdentifiseer. Die metro se woordvoerder, Lindela Mashigo, sê hierdie persele word gereeld skoongemaak en oortreders kan met vyf-duisend-rand beboet word. Die stad voer weeklikse onderwysveldtogte uit om bewusmaking rondom behoorlike afvalverwydering te verhoog. Toeganklike afvalverwyderingsgeriewe sluit in, die Hatherley-stortingsterrein, Waltloo, Eersterust en Menlo Park. Meer geriewe sal ontwikkel word as daar geld in die begroting beskikbaar is.