Skip to content

Tshwane aktiveer rampbedryfsentrum om krisis met voedseloordraagbare siektes te hanteer

# Die Stad Tshwane het sy rampbedryfsentrum geaktiveer na aanleiding van die toename in voedseloordraagbare siektes wat met spazawinkels verbind word. Byna 900 gevalle en meer as 20 sterftes is landwyd aangemeld. Die sentrum funksioneer op Vlak 2, wat dit moontlik maak dat talle sektore die krisis doeltreffend kan bestuur en bekamp. Die metro sê die sentrum sal vinnige reaksie verseker om spazawinkels te inspekteer, beslag te lê op gevaarlike stowwe, en die nakoming van munisipale gesondheids- en veiligheidsregulasies af te dwing.