# Die Amerikaanse president, Donald Trump, se opskorting van militêre hulp aan Oekraïne laat druk op Kiëf toeneem om vredesonderhandelings met Rusland te voer. Dit volg kort ná ‘n verstommende openbare botsing tussen Trump en sy Oekraïnse ampsgenoot, Volodimir Zelensky, omdat Trump ‘n vinnige einde aan die oorlog wil hê. Rusland meen die opskorting van Amerikaanse hulp kan Oekraïne daadwerklik tot ‘n vredesproses aanvuur. Enige ontwrigting in die vloei van Amerikaanse wapens na die voorste linie sal Oekraïne se kanse grootlik beperk om die Russiese aanslag te beveg.
Trump staak militêre hulp aan Oekraïne