Skip to content

Trump onttrek Amerika aan WGO en voer swak hantering van Covid-19-pandemie aan as rede

# President Donald Trump het ʼn uitvoerende bevel onderteken om Amerika aan die Wêreldgesondheidsorganisasie te onttrek. Hy voer aan die organisasie het die Covid-19-pandemie swak hanteer en nie dringend noodsaaklike hervormings ingestel nie. Amerika dra sowat 18-persent van die WGO se totale befondsing by, wat verreweg die meeste is. Die land sal die organisasie binne ʼn jaar ná die amptelike kennisgewing verlaat. Trump sê die WGO gaan voort om onbillike betalings van Amerika te eis wat buite verhouding is teenoor dié wat ander lande, insluitend China, betaal.