# ʼn Troosdiens vir die stigter van die Rhema Bible Church, Ray McCauley, word vanaand gehou, met ʼn vereringsdiens aanstaande week. Die 75-jarige is Dinsdagaand tuis oorlede, omring deur sy familie. McCauley was ʼn sleutelfiguur in die demokratiese oorgang in Suid-Afrika en het wit Suid-Afrikaners tydens die verhore van die Waarheid- en Versoeningskommissie gevra om te erken hulle is gedurende die apartheidsera deur regeringspropaganda mislei. Hy word aanstaande Saterdag begrawe en dit word voorafgegaan deur twee gedenkgeleenthede.
Troosdiens vir Rhema-stigter Ray McCauley vanaand gehou