# The Triangle Project sê skole moet kleredragkodes instel met geslagsneutrale skooldrag. Die nie-winsgewende organisasie sê skooldrag moet kreatiewe kombinasies van klere-items wees, wat alle leerders kan dra ongeag hul geslag. Die verklaring volg nadat debatte ontstaan het oor ‘n “seun wat ‘n rok dra” by ‘n Wes-Kaapse skool. ‘n Woordvoerder van die Wes-Kaapse Onderwysdepartement, Bronagh Hammond, het skole aangemoedig om die kleredragkode-voorkeure van LGBTQIA+-leerders in hul onderskeie gedragskodes in ag te neem en mag geslagsneutrale skooldrag instel.