# Daar is 660 trekkers in Desember verkoop, byna 44-persent meer as die 460 trekkers wat in dieselfde maand in 2020 verkoop is. Die Suid-Afrikaanse Landboumasjinerie-vereniging sê algehele trekkerverkope in 2021 was 26-persent hoër as dié in 2020. Agtien stropers is verkoop, 15 meer as die drie wat in Desember 2020 verkoop is. Algehele verkope in 2021, is teen 268 eenhede byna 45-persent meer as die 185 eenhede wat in 2020 verkoop is. Die vereniging sê bedryfsvoorspellings vir vanjaar is dat trekkerverkope soortgelyk sal wees aan dié van verlede jaar.