# Transnet het 12,2-miljard-rand en vyf jaar tyd nodig om toerusting op te gradeer en sy hoof-steenkooluitvoerlyn weer in werking te stel. Volgens ʼn interne verslag het steenkool-uitvoere verlede jaar tot 48-miljoen ton gedaal – die laagste in drie dekades. Dit word toegeskryf aan tekortkominge soos ʼn gebrek aan lokomotiewe en foutiewe infrastruktuur. Ander uitdagings is diefstal, opsetlike beskadiging en sinjaal-probleme. Transnet beplan om uitvoere tot 78-miljoen ton te verhoog. Hy waarsku egter dat dit tot 38-miljoen ton kan daal indien niks aan die saak gedoen word nie.
Transnet het meer as R12-miljard nodig om steenkool-uitvoerlyn weer in werking te kry