Skip to content

Toerismedepartement sê daling in brandstofprys sal toegang tot besienswaardighede vergemaklik [KLANK]

# Die Departement van Toerisme sê die daling in die brandstofprys sal die toegang tot besienswaardighede vir toeriste vergemaklik en bydra tot die groeiende toerismegemeenskappe in Suid-Afrika. Die woordvoerder van die departement, Tasneem Carrim, sê die land het ʼn rykdom uiteenlopende aanbiedinge van toerisme en kultuur wat verskuil is in gehuggies, townships en dorpies. Sy sê hierdie deel van die plaaslike mark is die ruggraat van die toerismesektor wat ʼn deurslaggewende rol speel om te voldoen aan die vakansie- en ontspanningsbehoeftes van besoekers maar terselfdertyd broodnodige werksgeleenthede skep vir gewone mense:

ENG TasneemonFuel