Skip to content

Toerisme- en Parke-agentskap sê berigte oor twee leeus wat in Mpumalanga opgemerk is, is fopnuus

# Die Mpumalanga Toerisme- en Parke-agentskap sê hy het sy ondersoek afgesluit oor die twee leeus wat skynbaar Woensdag tussen Mbangwane, Khombaso en Tsambakhulu opgemerk is. Die beweerde waarneming is as fopnuus bevestig. Die agentskap se woordvoerder, Simphiwe Shungube, versoek die publiek om nie vals nuus te versprei nie omdat dit onnodige paniek saai in gemeenskappe.