Skip to content

Toename van 30% in gebruik van volgraan kan koolstofvrystellings verminder

# ʼn Wêreldwye toename van 30-persent in die gebruik van volgraanprodukte kan koolstofvrystellings met 120-miljoen ton per jaar verminder. Dit is volgens ʼn verslag wat die Boston Consulting Group onlangs uitgegee het. Daarin word beweer graan is die voedselproduk wat wêreldwyd die grootste uitwerking op die omgewing het. Die verslag het ook bevind globale graanproduksie se vrystelling van kweekhuisgasse is groter as dié van Rusland, Brasilië en Duitsland saam.