Skip to content

Tientalle sterf in twee ontploffings naby graf van vermoorde Iranse aanvoerder

# Minstens 95 mense is gister in die Iranse stad Kerman in twee ontploffings dood wat byna gelyktydig naby die graf van die vermoorde aanvoerder Qasem Soleimani plaasgevind het. Die ontploffings het voorgekom op die vierde herdenking van Soleimani se dood in ‘n Amerikaanse lugaanval. Kommer bestaan dat dit die spanning in die gebied kan verhoog wat met die aanvang van die oorlog tussen Israel en Hamas weer skerp gestyg het. Die eerste ontploffing was 700 meter van Soleimani se graf en die tweede ‘n kilometer daarvandaan. Geen groep het sover aanspreeklikheid vir die ontploffings aanvaar nie, maar die president van Iran, Ebrahim Raisi, het Israel daarvoor geblameer.