# Volgens die Stad Tshwane het hy tien-miljard-rand nodig om die padinfrastruktuur-probleme in die metro reg te stel. Die stad sê die onlangse swaar reënval het die toestande van talle paaie erg geraak. Die lid van die burgemeesterskomitee vir Vervoer, Dikeledi Selowa, sê die stad het ‘n vennootskap met die die provinsiale regering gesluit om paaie te herstel en onderhoud te doen.