# Die Nasionale Tesourie het die eThekwini Munisipaliteit se versoek vir die verlenging van 1,6-miljard-rand se toelaes goedgekeur. Die verlenging is vir die munisipale ramp-hersteltoelaag, die projek-voorbereidingsteuntoelaag en die buurtontwikkeling-vennootskaptoekenning vir die indiensnemingsprogram. Die eThekwini-burgemeester, Mxolisi Kaunda, sê hulle het aansoek gedoen vir die verlenging nadat die tesourie die fondse eers in Maart, drie maande voor die einde van die 2022/2023-boekjaar uitgestuur het, terwyl die toekenningsraamwerk bepaal dat die fondse binne 12 maande bestee kan word :
Tesourie keur eThekwini Munisipaliteit se toelaag-verlenging van R1,6 miljard goed [KLANK]