# Tennis: Die Duitser Alexander Zverev mik daarna om vanjaar die wêreld-nommer-een te word, maar sê sy fiksheid en gesondheid is net so belangrik. Hy wil die Italianer Jannik Sinner uitdaag om die boonste posisie, en gaan begin met die United Cup-spankompetisie in Australië. Zverev het tans meer as drie-duisend ranglyspunte minder as Sinner. Hy sê hy het talle kere baie na aan ‘n Grand Slam-titel gekom en wil verder vorder in die groot toernooie, beginnende met volgende maand se Australiese Ope.
Tennis: Zverev wil Sinner vanjaar uitdaag vir voorste posisie op wêreldranglys