Skip to content

Election Day

Days
Hours
Minutes
Seconds

Tennis: Twee Suid-Afrikaners deur na tweede ronde van WIPHOLD Internasionaal

# Tennis: Die Suid-Afrikaners, Isabella Kruger en Lilitha Ndungane, is deur na die tweede ronde van die WIPHOLD Internasionaal in Pretoria. Kruger is deur nadat haar teenstander, die Nederlander Indy de Vroome, moes onttrek terwyl sy met 3-6 en 3-0 agter was. Die 18-jarige Ndungane het haar landgenoot, Kaitlyn Ramduth, met 6-0 en 6-1 geklop. Die heersende Wimbledon- junior kampioen, Clervie Ngounoue van Amerika, en die toernooi se gunsteling, Laura Pagossi van Brasilië, is ook deur na die tweede ronde.