Skip to content

Tennis: Opwindende Franse Ope-tweestryd verwag tussen Alcaraz en Zverev

# Tennis: Ondersteuners hoop vanmiddag se Franse Ope-eindstryd vir mans tussen Carlos Alcaraz van Spanje en Alexander Zverev van Duitsland sal meer opwinding oplewer as Iga Swiatek se maklike oorwinning gister in die eindstryd vir vroue. Die wêreld nommer een van Pole het haar derde agtereenvolgende oorwinning op Roland Garros behaal met ‘n klinkende 6-2, 6-1 oor Jasmine Paolini van Italië. Dit is Swiatek se vyfde Grand Slam-toernooititel en onderstreep haar oorheersing op klei. Sy het nou 21 wedstryde agtereenvolgens by die toernooi gewen.