Skip to content

Tennis: Swiatek verwag nie Wada sal appelleer oor haar straf vir opkikkergebruik nie

# Tennis: Die wêreld-nommer-twee, Iga Swiatek, verwag nie die Wêreldagentskap teen Opkikkergebruik, Wada, sal appelleer teen die Internasionale Integriteitsagenskap se besluit om haar net vir ‘n maand te skors nie. Dit het daartoe gelei dat sy drie toernooie in Asië misgeloop en haar voorste ranglysposisie afgestaan het. Die 23-jarige Pool het in Augustus positief getoets vir ‘n hartmedikasie, maar haar verduideliking is aanvaar dat dit nie opsetlik was nie. Dit is soortgelyk aan die saak van die voorste manspeler, Jannik Sinner van Italië, maar in sy geval het Wada appelleer.