Skip to content

Election Day

Days
Hours
Minutes
Seconds

Tennis: Sinner se deelname aan Franse Ope twyfelagtig weens heupbesering

# Die wêreld se nommer twee-speler, Jannik Sinner, se deelname aan die Franse Ope word betwyfel nadat hy aan die Italiaanse Ope in sy vaderland moes onttrek. ‘n Heupbesering het hom verlede week gedwing om aan die Madridse Ope te onttrek nadat hy uitgevind het hoe ernstig die besering is. Sinner gesê hy sal net op Roland Garros speel as hy heeltemal herstel het wanneer die kleibaan Grand Slam-toernooi die 26ste begin. Hy erken die misloop van die toernooi in Rome het sy voorbereidings vir die Franse Ope gekniehalter.