Skip to content

Election Day

Days
Hours
Minutes
Seconds

Tennis: Sinner het sy oog op Djokovic se nommer een-posisie

# # Tennis: Jannik Sinner kan Novak Djokovic van Serwië onttroon as wêreld nommer een indien hy sy goeie spelpeil in die kleibaanseisoen volhou. Die Italianer het die Spanjaard Carlos Alcaraz in die tweede plek vervang nadat hy die Miami Ope gewen het. Grigor Dimitrov van Bulgarye, wat in die  eindstryd teen Sinner verloor het, het drie plekke opgeskuif tot negende. Daniil Medvedev van Rusland is steeds vierde, gevolg deur die Duitser Alexander Zverev, die Rus Andrey Rublev, Holger Rune van Denemarke en Casper Ruud van Noorweë. Hubert Hurkacz van Pole is tiende.