Skip to content

Tennis: Seisoen se beste vrouespelers vertrek na Rijaad vir WTA-eindtoernooi

# Tennis: Die seisoen se agt beste vrouespelers is op pad na Saoedi-Arabië waar die WTA-eindtoernooi Saterdag in Rijaad begin. Hulle is die wêreld nommer een, Aryna Sabalenka van Belarus, Iga Swiatek van Pole, die Amerikaner Coco Gauff, Jasmine Paolini van Italië, nog ‘n Amerikaner, Jessica Pegula, Elena Rybakina van Kazakstan, Zheng Qinwen van China, en Barbora Krejcikova van die Tsjeggiese Republiek. Swiatek het verlede jaar die nommer een-posisie van Sabalenka herwin toe sy die toernooi gewen het. Die eindstryd word op 9 November gespeel.