Skip to content

Tennis: Sabalenka en Swiakek deur na halfeindronde in Madrid

# Tennis: Verlede jaar se naaswenner, Aryna Sabalenka, het Woensdag Oekraïne se Marta Kostyuk geklop om vir ‘n vierde keer na die halfeindronde van die Madrid Ope deur te dring. Sabalenka speel nou teen nog ‘n Oekraïnse speler, Ilina Svitolina, die eerste Oekraïnse vrou om ‘n halfeindronde in Madrid te haal. Iga Swiatek is ook steeds in die wedloop om haar Madrid Ope-titel suksesvol te verdedig nadat sy die Amerikaner Madison Keys geklop het. Sy sal in haar derde agtereenvolgende halfeindstryd in die Madrid Ope teen Coco Gauff te staan ​​kom.