Skip to content

Tennis: Rybakina soek nuwe afrigter na haar vertrek uit Australiese Ope

# Tennis: Die wêreld-nommer-sewe, Elena Rybakina van Kazakstan, is op soek na ‘n nuwe afrigter nadat haar toetskontrak met 2001 se Wimbledon-kampioen, Goran Ivanisevic, verstryk het met haar vertrek uit die Australiese Ope. Sy het in die vierde ronde in Melbourne teen die Amerikaner Madison Keys verloor. Rybakina en die Kroaat het verlede maand begin saamwerk nadat hy voorheen die 24-malige Grand Slam-kampioen Novak Djokovic van Serwië afgerig het. Rybakina oorweeg dit glo om haar vorige afrigter terug te bring – Stefano Vukov, ook van Kroasië.