Skip to content

Tennis: Ruud glo hy kan dié seisoen weer onder die top 5 wees

# Tennis: Die Noorweër Casper Ruud glo hy kan dié seisoen terugkeer na die top vyf , hoewel hy toegee dat Jannik Sinner van Italië en die Spanjaard Carlos Alcaraz ver bo die res uitstaan. Die 26-jarige, wat in September 2022 sy hoogste posisie van tweede bereik het, is tans die sesde beste speler in die wêreld na Sinner, die Duitser Alexander Zverev, Alcaraz, die Amerikaner Taylor Fritz en die Rus Daniil Medvedev. Ruud erken Sinner en Alcaraz, wat albei vanjaar twee Grand Slam-toernooie gewen het, sal moeilike kalante wees.