# Tennis: Rusland en Italië het elkeen weer twee spelers onder die toptien mans in die wêreld. Dit volg nadat die Italianer, Jannik Sinner, die Kanadees Felix Auger-Aliassime in die tiende plek onttroon het. Sy landgenoot Matteo Berrettini is sewende en die Russe, Daniil Medvedev en Andrey Rublev, is onderskeidelik tweede en vyfde. Novak Djokovic is steeds nommer een met Alexander Zverev derde, Stefanos Tsitsipas vierde, Rafael Nadal van Spanje sesde, Casper Ruud van Noorweë agste en die Pool, Hubert Hurkacz, in die negende plek.