# Tennis: Rafael Nadal sê hy het min simpatie met Novak Djokovic, en sê hy moet die gevolge dra, van die feit dat hy nie teen die koronavirus ingeënt is nie. Djokovic is laat gister met sy aankoms in Australië deur grensbeamptes voorgekeer en sy visum is gekanselleer omdat hy nie aan Covid-19-toelatings-vereistes voldoen nie. Hy staar deportasie in die gesig, maar het met ‘n hofsaak begin om in die land te bly. Nadal het verlede maand positief getoets vir Covid-19, en sê hy glo baie sterk daaraan dat mens ingeënt word om die pandemie te help stuit.