Skip to content

Tennis: Rafael Nadal onttrek aan Australiese Ope weens geskeurde spier

# Tennis: Die 22-malige Grand Slam-kampioen, Rafael Nadal, het aan die Australiese Ope onttrek. Die Spanjaard se terugkeer is op ys nadat hy in Brisbane ʼn mikro-skeur aan ʼn spier opgedoen het in sy kwarteindwedstryd teen die Australiër, Jordan Thompson. Nadal het Sondag op sosiale media aangekondig hy het in Melbourne ʼn MRI-skandering ondergaan wat die geskeurde spier gewys het en hy keer terug Spanje toe. Die besering kom skaars ʼn week nadat hy na ʼn jaar lange afwesigheid na die baan terugkeer het. Hy moes ná die Australiese Ope in 2023 ʼn heupoperasie ondergaan.