Skip to content

Tennis: Ondersteuners stroom na Turyn vir die laaste ATP-toernooi van die seisoen

Tennis: Kaartjies vir die laaste 2023-ATP-toernooi aan die einde van die seisoen in die Italiaanse stad Turyn is uitverkoop. Dit is die derde agtereenvolgende keer wat die stad die hoogtepunt van die seisoen aanbied. In vanmiddag se openingswedstryd speel die 24-malige Grand Slam-kampioen, Novak Djokovic, teen die 20-jarige Holger Rune van Denemarke. Djokovic sal ook teen Jannik Sinner en Stefanos Tsitispas in die groepwedstryde te staan kom. In die ander groep pak die wêreld se nommer-twee, Carlos Alcaraz, vir Daniil Medvedev, Andrey Rublev en Alexander Zverev.