# Tennis: Die twintigmalige Grand-Slam-kampioen, Novak Djokovic, sê om die jaar vir die sewende keer as die wêreld se nommer-een speler af te sluit, is ongelooflik. Hy het gister die jaareinde ATP-toer se nommer-een-trofee in Turyn ontvang ná sy oorwinning in skoon stelle teen Casper Ruud by die ATP-eindronde. Die 34-jarige het die eerste drie groot toernooie van die seisoen, die Australiese Ope, die Franse Ope, en Wimbledon ingepalm. Andrey Rublev het intussen sy veldtog in die ATP-eindronde met ‘n oorwinning van 6-4 6-4 teen Stefanos Tsitsipas begin.