Skip to content

Election Day

Days
Hours
Minutes
Seconds

Tennis: Nog ‘n teleurstelling vir wêreld nommer-twee Alcaraz

# Tennis: Wêreld nommer-twee Carlos Alcaraz se Rio Ope in Brasilië het plotseling tot ‘n einde gekom toe hy in sy eerste wedstryd moes uittree. Die Spanjaard het vroeg in die wedstryd teen die plaaslike speler Thiago Monteiro ‘n enkelbesering opgedoen en besluit om hom te onttrek. Alcaraz het na die tyd gesê die besering is nie ernstig nie, maar hy het as voorsorgmaatreël besluit om die handdoek in te gooi. Die tweemalige Grand Slam-kampioen se jaar verloop tot dusver nie baie goed nie, nadat hy in die Australiese Ope in die kwarteindstryd verloor het en in die halfeindstryd in Buenos Aires uitgeskakel is.