Skip to content

Tennis: Nadal waarskynlik nie geloot vir Franse Ope nie

# Tennis: Die 14-malige kampioen Rafael Nadal sal waarskynlik nie geloot word vir vanjaar se Franse Ope nie. Die voormalige wêreld nommer een se plek op die ranglys het na 512de geval weens ‘n reeks beserings. Hy is aanvaar vir die hoofloting weens sy beskermde status, maar net die 32 beste spelers word gekeur. Dit beteken hy kan vroeg te staan kom teen die sterkste teenstanders. Die aksie begin op die 26ste van volgende maand, met dieselfde baan in Parys wat in Julie vir die Olimpiese Spele gebruik word.