# Tennis: Die koning van klei, Rafael Nadal, speel teen die Sweedse maestro Björn Borg se seun, Leo, in die eerste ronde van die Nordea Ope in Bastad, Swede. Die Spanjaard gebruik die toernooi om voor te berei vir die Olimpiese Spele, wat gespeel word op Roland Garros in Parys, waar hy sy 14 Franse Ope-titels ingepalm het. Die 21-jarige Borg sê hy het die 38-jarige Nadal in sy vroeë tennisjare bewonder, eerder as sy pa, wat tussen 1974 en ’81 elf Grand Slam-toernooie gewen het. Hy en Nadal oefen gereeld saam.
Tennis: Nadal speel teen Borg se seun in eerste ronde in Bastad