# Tennis: Die Tsjeggiese speler, Tomas Machac, het in die wedstryd van sy lewe die wêreld nommer twee, Carlos Alcaraz van Spanje, in die kwarteindronde van die Sjanghai Meesters uitgeskakel. Die 23-jarige is tans nommer 33 op die wêreldranglys. Machac kom volgende teen die wêreld nommer een, Jannik Sinner van Italië, te staan, wat maklik met die Rus, Daniil Medvedev, afgereken het. Die ander twee kwarteindstryde word môre beslis tussen die Amerikaner, Taylor Fritz, en die Belg, David Goffin, en Novak Djokovic van Serwië teen nog ʼn Tsjeg, Jakub Mensik.
Tennis: Machac skok Alcaraz in kwarteindronde van Sjanghai Meesters